AFD dreig met Duitse Dexit

Die nasionalistiese opposisieparty in Duitsland, die Alternatief vir Duitsland. (AFD) het gewaarsku dat die Europese Parlement drasties hervorm moet word as hulle nie ’n Dexit wil sien kom nie.

Die party, wat nie baie liefde toon vir die Europese Unie nie, wil sien dat die liggaam groot hervormings moet ondergaan, of so nie sal Duitsland di voorbeeld van Brittanje volg en sy lidmaatskap beëindig.

Die AFD bepleit die ontbinding van die EU sowel as die Europese Parlement, en ’n terugkeer na elke land se eie geldstelsel wat beteken die euro moet ook afgeskaf word as betaalmiddel.

Die party het egter besluit dat Duitsland die Europese Unie eers in 2024 moet verlaat wat waarnemers die indruk geêe dat die AFD meen om teen daardie tyd die regerende party in Duitsland te wees.

Intussen is ’n beroep op die huidige regering gedoen om die EU binne die volgende 5 jaar te bedank en uit te tree soos wat die Verenigde Koninkryk tans doen.