Zuma se keuse

Die afgesette ANC president, Jacob Zuma, staan voor ’n nuwe keuse in die politiek, en gaan sukkel om sy eie ondersteuners nie gelukkig te hou nie.

Die ANC het onlangs bekend gemaak dat Jacob Zuma deur baie mense glo wil sien dat hy terugkeer na die parlement as ’n gewone parlementslid.

In die lys van ’n paar honderd name, verskyn Zuma se naam as die 74 ste om met ’n volgende verkiesing in die parlement te beland.

Kenners wys egter daarop dat Zuma al sy presidensiële voordele, wat nogal ’n aansienlike randwaarde het,  sal verbeur die oomblik wat hy terugkeer na die parlement.

Met sy benarde finansiële posisie, is dit onwaarskynlik dat hy ’n “nominasie” sal aanvaar, maar die onvoorspelbaarheid van die man kan moontlik lei tot ’n besluit wat hom in ’n posisie kan plaas om Cyril Ramaphosa ’n harde tyd te gee.