Ys krater op Mars ontdek

’n Reuse krater, gevul met ys, is dur die kamera van Mars Express gefotografeer en na die aarde gesein.

Die reuse ys krater is sowat 82 kilometer in deursnit en wetenskaplikes kon bepaal dat dit so twee kilometer diep is.

Die Europese Ruimte Agentskap het die beeldmateriaal pas vrygestel wat duisende mense se belangstelling getrek het.

Die enorme krater se ys kon nog nooit smelt nie, en die lugstrome wat oor die koue krater waai word ook kouer en daal op die ys oppervlakte neer.

Dit verklaar waarom daar ’n permanente koue lugstroom oor die krater is maar wetenskaplikes reken die ontdekking is van groot betekenis wat kan lei tot ander ontdekkings.