Woedende Serwiërs vier weke opstandig

Derduisende Serwiers het hulle woede getoon in die afgelope vier weke waartydens onophoudelike betogings gehou is in Belgrade teen die land se president .

President Aleksandar Vucic word deur die betogers daarvan beskuldig dat hy die demokratiese regte van die hoofstroom media inperk.

Die optoggangers het die Serwiese hoofstad, Belgrade, feitlik tot stilstand gebring met hulle reuse optog waartydens vlae en baniere vertoon is terwyl die polisie ’n versigtige houding ingeneem het om verder spanning te vermy.

Die amptelike opposisie beskuldig president Aleksandar Vucic daarvan dat hy ’n outokraat is wat beheer wil uitoefen op die belangrikste media in die land, maar die president het die beskuldiging verwerp.

Intussen duur die optogte, wat nou reeds vir vier weke in die hoofstad voortgaan, steeds voort sonder dat enige insidente plaasvind waarop die polisie kon reageer.