Wêreld Nuusflitse – 18 Desember

Parys

’n Sleutelpersoon in die Europese dwelmhandel, Robert Dawes, staan op aanklag van dwelmsmokkelary en sal eersdaags in ’n hof van Parys, Frankryk verhoor word.

Duitsland

Die polisie in Duitsland word ernstig verkwalik vir hulle optrede toe hulle ’n 74-jarige man doodgeskiet het, met die gevolg dat ’n intensiewe ondersoek na die voorval gelas is.

 Frankryk

Die Franse regering het besluit om belastings te hef teen die groot internet maatskappy soos Google, Amazon, Apple en Facebook nadat die Europese Unie nie tot ’n finale besluit van optrede kon kom nie.