Wêreld Nuusflitse – 11 Desember

Brittanje

Premier Theresa May van Brittanje het di stemming uitgestel wat vandag in die parlement gehou sou word om te beslis oor Brexit ooreenkoms met die EU aanvaar of verwerp word.

Rusland

’n Russiese reeksmoordenaar wat vir 22 moorde in die tronk is, word nou aangekla vir nog 56 moorde wat hy begaan het.

Sjina

Die Sjinese hoof van Huawei se Finansiele afdeling, Meng Wangzhou, is steeds in Kanadese aanhouding, en die Sjinese regering probeer druk toepas op Kanada en die VSA vir die vrylating van die vrou wat daarvan versink word dat sy die sanksies teen Iran oortree het.

Nissan

Die voormalige hoof van die Nissan vervaardiger, Carlos Ghosn staar nou vervolging in die gesig vir die onwettige finansiële praktyke.

Egipte

Die Egiptiese regering verwerp die moontlikheid dat die video eg is wat ’n nakende Deense vrou op ’n Egiptiese piramiede vertoon en op die sosiale netwerk versprei is.