Wêreld Nuusflitse –  10 Desember

Rusland

Die Russiese aktivis wat haar beywer het vir menseregte in Rusland, Lyudmila Alexeyeva, het in die ouderdom van 91 jaar te sterwe gekom.

VSA

Die stafhoof van die Amerikaanse Wit Huis, John Kelly, het sy bedanking ingehandig en sal op 31 Desember uit die amp tree.

Brittanje

Premier Theresa May van Brittanje het soveel weerstand in die parlement gekry oor haan Brexit ooreenkoms met die EU, dat sy verplig is om terug te gaan na Europa om ’n beter bedeling te beding.