Waterslang oorsaak van Sun City storm

Ons beweeg terug na die donker eeue. ‘n Tradisionele “filosoof” Grace Masuku, het in ‘n verklaring gesê dat die storm by Sun City veroorsaak is deur die mitiese “waterslang”.

Sun City is glo gebou op ‘n area waar die voorvaders leef en hulle kommunikeer met die waters – die waterslang is glo die bewaker van die area en is nou kwaad vir die plekke wat daar opgerig is.

Miljoene Rand se skade is aangerig toe n hewige haelbui die oord getref het, en werkers sal glo maande besig wees om dit weer volkome te herstel.

‘n Volkekundige het humoristies opgemerk dat die sogenaamde waterslang etlike dekades gewag het voordat dit kwaad geword het vir die geboue by Sun City.