VW wil sy winste verbeter

Die Duitse voertuigvervaardiger, Volkswagen, wil sy winste vergroot deur van sy werkers af te lê en van sy voertuig modelle te verminder.

Die maatskappy wil ook die vervaardiging ’n verkope van ligte aflewerings voertuig verdriedubbel en groot uitbreidings aangaan in die reeks elektriese motorvoertuie.

In sy aankondiging het VW se woordvoerder gesê die doel is om sowat €3 miljard aan uitgawes te bespaar teen die jaar 2023 om die uitbreiding na elektriese voertuie te verhoog.

Die maatskappy het reeds stappe gedoen om koste te sny, en €2.2 miljard in 2019 asook €3 miljard in 2020 te verminder.

Ralf Brandstätter, die bedryfshoof sê die belangrike deel is juis om voldoende voorsiening te maak vir die nuwe uitbreiding na elektriese voertuie.