VSA waarsku Turkye oor Koerde

Die Turkse president het aangekondig dat ’n nuwe offensief teen Turkse vegters in Sirië eersdaags in aanvang sal neem.

In reaksie op die aankondiging het die Verenigde State van Amerika ’n ernstige waarskuwing tot die Turkse president gerig en gesê so ’n handeling sal die pogings vernietig om di Islamitiese Staat terroriste uit te roei in die streek.

Die Koerdiese vegters in die noorde van Sirie het die afgelope twee jaar ’n reuse bydrae gelewer om die mag van die Islamitiese Staat terroriste te breek.

Sean Robertson, bevelvoerder en ook die woordvoerder in die Amerikaanse Pentagon, het gesê enige land of instansie wat  teen die Koerde optree, is voldoende rde om erg bekommerd te raak oor die voortgang van die terroriste.

Die Turkse regering beskou die Koerde egter as ’n ekstremistiese terroriste groep en wil glo aanvalle op hulle uitvoer.