VSA sluit gas kontrak met Pole

Die Poolse regering is ernstig om minder afhanklik te wees van Rusland vir sy energiebronne, en het nou ’n 20 jaar kontrak aangegaan met die VSA vir die lewering van vloeibare gas.

Alhoewel die kontrak slegs 15% van Pole se verbruik is, word dit as die eerste stap beskou om minder afhanklik te wes van Rusland.

Die kontrak beteken egter dat 2,7 miljard kubieke meter gas per jaar aangekoop sal word oor die volgende 20 jaar.

Beide lande is ten gunste van onderlinge handel om die dominerende  uitwerking van Rusland teen te werk.

Rusland het reuse pypleidings aangelê wat vloeibare gas na Europa versprei, en word beskou as een van die Russ se belangrikste bronne van inkomste, en ’n hefboom wat in konflik situasies gebruik kan word.

Die ooreenkoms met die VSA is Woensdag in die Poolse hoofstad gesluit toe die Minister van Buitelandse Sake,  Jacek Czaputowicz, met die adjunk-minister van Buitelandse Sake van die VSA, John Sullivan, vergader het/.