VSA onttrek troepe uit Afghanistan

Kort nadat President Donald Trump die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Sirië aangekondig het, was die tweede onttrekking van baie troepe uit Afghanistan ’n verrassing vir Westerse leiers.

Met die bekendmaking dat troepe uit Sirie onttrek word, het die Pentagon gesê die Islamitiese Staat terroriste is verslaan, en daarom word die troepe teruggebring na die VSA.

Amerika het mee as 14,000 troepe in Afghanistan, waarvan duisende terugkeer na Amerika in die volgende weke.

Wall Street Journal beweer in berig van die jongste uitgawe dat nagenoeg 7,000 soldate sal terugkeer.

Die vermoede bestaan dat President Donald Trump se besluit om deels te onttrek uit Afghanistan, moontlik verband hou met die Minister van Verdediging, Jim Mattis, se bedanking.