VSA lugaanvalle dood talle Somaliese rebelle

’n Woordvoerder van die Amerikaanse Weermag sê lugaanvalle wat dur die VSA vegvliegtuie uitgevoer is in Somalië, het gelei tot die dood van tientalle al-Shabab rebelle.

Die vegvliegtuie het minstens ses aanvalle uitgevoer op al-Shabab basisse en minstens 62 militante vegters gedood.

Die Gandarshe kusgebied is ’n erkende vesting van die rebellemagte, en die bevelvoerder van die Amerikaanse magte in Afrika se benewens di aanvalle is daar ook 34 mense gedood gedurende ’n vorige aanval.

Die Amerikaanse weermag is daarop ingestel om t voorkom dat die rebelle van al-Shabab beheer neem van die hawe vanwaar hulle aanvalle op Somaliese burgerlikes kan uitvoer.

Al-Shabab is aktief in die suidelike ’n sentrale gebiede van die land, en beplan daarvandaan hulle aanvalle op burgerlikes wat gedwing word om die rebelle se operasies te finansier.