Voorgedoen as immigrasie beamptes

Twee swartmans is gearresteer nadat hulle voorgegee het dat hulle immigrasie beamptes is, maar deur ’n fluitjieblaser verklap is.

Die twee mans het omkoopgeld gevra om mense onwettig in die land te “registreer” as sou hulle immigrante is.

Die twee het nogal geloofwaardig vertoon met hulle kleredrag wat soos die van immigrasie beamptes lyk. Hulle was hoofsaaklik in die omgewing van Johannesburg betrokke met hulle bedrywighede.

’n Polisiebeampte sê die twee het in gebreke gebly om paspoorte te toon, en het met die samewerking van ’n sakeman met hulle onwettige optrede begin, en is uiteindelik deur die sakeman verklap by die polisie.