VN verwerp VSA versoek teen Hamas

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het teen die VSA voorstel gestem on ’n resolusie te aanvaar teen die Islamitiese militante Hamas groep.

Dit volg kort nadat die VN onlangs ten gunste van ’n vereiste twee-derde meerderheid as vereiste gestem het om ’n resolusie te aanvaar, en is met ’n naelskraap meerderheid beslis..

Die VSA se resolusie kom nadat berig ontvang is dat Hamas die Gasa gebied beheer, en gevolglik tot die gewelddadigheid in die gebied lei.

Die Twee-derde Meerderheid resolusie is met 87 stemme ten gunste, en 56 stemme daar teen aanvaar terwyl 32 lande nie teenwoordig was nie en 16 buite stemming gebly het.

Waarnemers reken die nuwe vereiste om ’n resolusie deurgevoer te kry, veroorsaak dat die VN se Algemene Vergadering sy slagtande verloor het.