VN immigrante dokument goedgekeur

Die lidlande van die Verenigde Nasies het die kontroversiële immigrante ooreenkoms goedgekeur en die meerderheid het dit onderteken.

Talle lande met nasionalistiese regerings het egter geweier om die ooreenkoms t onderteken, en het selfs sovêr gegaan as om t verklaar dat hulle hoegenaamd nie sal voldoen aan die VN bepaling nie.

Die lande wat wel die ooreenkoms onderteken het, glo dat hulle daarmee die Wereld sal beveilig, en orde sal skep met die regulering van immigrante, terwyl diegene wat nie die dokument onderteken het nie, weier om vreemdelinge in hulle land toe te laat en daarmee hulle eie soewereiniteit in gedrang bring.

Die dokument maak ook nie ’n duidelike verskil tussen ekonomiese en asiel soekende immigrante nie, en kan derhalwe nie aanvaar word nie, word gesê.

President Donald Trump van Amerika was die eerste regeringshoof wat dit duidelik gestel het dat sy land nie die VN dokument sal onderteken nie.