Vliegtuig draai terug met hart aan boord

’n Vergete hart wat afgelaai moes word vir ’n dringende hartoorplanting, het in die VSA ’n vliegtuig wat reeds halfpad weg was na sy bestemming, laat omdraai.

Die fout wat deur die vliegtuig personeel veroorsaak is, het kosbare yud laat verlore gaan terwyl ’n span geneeshere gereed staan om die delikate operasie uit te voer.

’n Hart wat vir ’n oorplanting na ’n ander mens beskikbaar gestel word, het slegs enkele ure “leeftyd” om na die pasiënt oorgeplant te word.

Die vliegtuig van Southwest Airlines het van Seattle na Dallas vertrek toe dit moes omdraai om die kosbare vrag af te laai.

Personeel het die kassie met die goed bewaarde hart van ’n mens eers ontdek toe hulle reeds m 1,000 kilometer weg was van Seattle.

Die hart is in Kalifornië opgepik en moes in Seattle afgelewer word, maar is nooit afgegee nie.

’n Geneesheer het later die voorval as ’n onaanvaarbare fout bestempel want die lewe van ’n mens was byna verloor weens ’n uiters nalatige fout.