Vlaandere neig na konfederasie

Politieke leiers aan die linkse spektrum in Vlaandere is bekommerd dat die Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) wat die grootste politieke party in België is, met die komende verkiesing in 2019, kiesers gaan aanmoedig om vir ’n konfederasie vir België te stem.

Meningsvormers reken dit kan die eerste stap wees van nasionaliste om Vlaandere se lang verwagte ideaal van ’n onafhanklike staat te verseker.

Politieke ontleders wys daarop dat die N-VA reeds herhaaldelik klanke gemaak het oor die moontlikheid van ’n konfederale bestel in Belgieq, wat ten doel het om weg te breek van die minder gegoede Franssprekende deel van die land.

Die Vlaamse Minister-president, Geert Bourgeois, het pas weer gesê Vlaandere het alles gereed om aan te sluit by die top lande van Europa, en konfederalisme is die sleutel tot groter welvaart.

Hy het in ’n media onderhoud gesê konfederalisme word ’n strydpunt vir 2019 se verkiesing, en hy neem waar dat die steun daarvoor steeds groei.

Foto –  Minister Geert Bourgeois