Vlaamse regering stort inmekaar

Die Vlaamse regering van premier Carles Michel moes gister die handdoek ingooi nadat ’n mosie van wantroue teen hom en sy regering aanvaar is in die parlement.

Michell het enkele dae tevore gesê hy sal hom nie dur die konserwatiewe N-VA party laat intimideer met eise om samewerking t verkry nie.

Dit het gelei tot ’n verdere verwydering tussen die twee partye, en kon die premier nie die wantroue mosie oorleef nie.

Michel het aangekondig dat hy na Koning Philip gaan  om hom in te lig dat sy regering bedank het na die mosie van wantroue.

Die Belgiese Konings Paleis het later gesê hy hou sy besluit tot later, maar het kennis geneem van die premier se bedanking.

Koning Philip sal met die politieke partye beraad hou in ’n poging om ’n nuwe regering saam te stel, maar die moontlikheid bestaan dat ’n vervroegde verkiesing gehou sal word.

Die Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) is die grootste politieke party in die parlement, en sal waarskynlik versoek word om ’n regering saam te stel, maar sonder verdere ondersteuning van kleiner partye sal sy taak bemoeilik word.

Michel se koalisie bestaan uit drie partye, maar verteenwoordig slegs 52 parlementslede uit ’n totaal van 150.

Foto – Premier Carles Michel