Vlaamse premier op glybaan

Die minderheidsregering van die Vlaamse premier, Carles Michel, staar ernstige probleme in die gesig nadat die konserwatiewe Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) onttrek het uit die koalisieregering.

Michel het hernude pogings aangewend om ’n ooreenkoms met die N-VA t bereik maar het geen sukses bereik nie weens die N-VA s eise wat vir hom onaanvaarbaar is.

In ’n verklaring sê die premier dat hy weier om geïntimideer te word met die begroting, en daarmee het hy sy eie toekoms op die spel geplaas.

N-VA eis onder meer dat die Grondwet vatbaar moet wees vir ’n nuwe hervorming wat ingelei kan word.

N-VA eis ook dat werkloosheid moet verminder en dat die begroting vir 2019 gehandhaaf sal word terwyl die beleid van immigrasie aangepas moet word.

Die eise is te veel en gevolglik is die deur vir verdere onderhandelinge finaal gesluit wat meebring dat die premier se toekoms aan ’n dun draadjie handel as regeerder van die land.

Foto – Carles Michel