Vierkantige lemoene?

Lemoene wat uitgevoer is na Italië is nie so goed afgelewer nie aangesien die lemoene platgedruk in Italië aangekom het.

Fruitone Ltd, ‘n sitrus maatskappy in Zebediela, Noord-Transvaal het klaarblyklik die lemoene verkeerdelik verpak wat daartoe gelei het dat die lemoen plat gedruk is.  Dit het uitgeloop op ‘n hofaansoek deur Oranfrizer van Italië teen Fruitone vir skade.

In ‘n hofaansoek in die Gauteng Hoë Hof het regter Dames beslis dat R1,3 miljoen skadevergoeding deur Fruitone betaal moet word aan die Italiaanse maatskappy.

Zebediela was jare gelede een van die wêreld se top produsente van sitrus maar het intussen van eienaars verander en is waarskynlik ook ‘n SEB maatskappy.