Venezuela regering stop opposisie media

El Nacional, die laaste koerant in Venezuela wat teen die huidige rgering se optrede rapporteer, moet nou na 75 jaar se bestaan, sy deure sluit.

Die nuusblad wat uiters gewild is onder kiesels, het uiteindelik geswig voor die druk van die Maduro-regime.

Die koerant is afhanklik van papier wat ingevoer word, maar die regering beheer is die invoer daarvan en het uiteindelik die voortgang van die koerant gekelder met vertragings en heffings.

Die personeel is egter vasbeslote om die koerant staande te hou, en is besig om nuwe planne te beraam wat eersdaags sal verseker dat sy lesers weer die nuus sal ontvang.