Venezuela president konkel al weer

Met opposisiepartye wat letterlik verbode verklaar is deur die omstrede diktator en president van Venezuela, Nicolas Maduro, het hy sy posisie verder versterk met die oorwinnings in die plaaslike regerings se verkiesing.

Tydens die verkiesingsveldtog het hy die blaam op Amerika geplaas wat sy volk verdeeld gemaak het.

In die verkiesing, waar 2,459 lede vir die 335 stadsrade gekies moes word, het Maduro se regering sowat 90% van die poste gewen omdat slegs 27% van die kiesers toegelaat is om te stem.

Diegene in opposisie partye wat wel kon stem, het besluit om die verkiesing te ignoreer aangesien dit geen sin maak nie.

Maduro het op soortgelyke wyse die Mei 2018 verkiesing gewen, waarvan die termyn eers in Januarie in aanvang neem vir die volgende ses jaar.

Foto – President Maduro