VBS misluk soos African Bank

Dit lyk of die swart banke maar ’n sukkel bestaan gevoer het en uiteindelik kop onder die vlerk gesit het en menige kliënt en  belegger groot skade berokken het.

Vier jaar nadat African Bank in duie gestort het, kon hy slegs R1,1 miljard betaal aan sy krediteure terwyl ’n bedrag van meer as R9 miljard betaalbaar is.

Volgens die jongste finansiële verslag blyk dit dat die “slegte bank” nie daartoe in staat is om die beleggers en krediteure behoorlik te betaal nie.

VBS Mutual Bank is onlangs gelikwideer weens grootskaalse ongerymdhede, en het gelei tot groot verliese by munisipaliteite wat geld in die bank belê het.