Trump wys nuwe stafhoof aan

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Mick Mulvaney aangewys as stafhoof in die Withuis, en sal die amp beklee vanaf Januarie 2019.

Mulvaney is aangestel om die plek van John Kelly oor te neem wat enkele weke gelede bedank het.

Mick Mulvaney, die begrotings direkteur is egter aangestel in die tydelike hoedanigheid as stafhoof, maar dit is onseker of hy later ’n permanente aanstelling sal kry.

Dit blyk egter dat die president ’n moeilike spanmaat is aangesien daar herhaaldelike personeel veranderings plaasgevind het in die eerste twee jaar van sy bewind.

Foto – Mick Mulvaney