Trump se regsman raak ongeduldig

Rudy Giuliani, die regsverteenwoordiger van President Donald Trump, sê dit is tyd dat die voormalige FBI-baas, Robert Mueller , nou sy afronding don en verslag lewer.

Hy sê die ondersoek na Russiese betrokkenheid in die presidentsverkiesing kan nie onbepaald voortduur nie.

Dit is tyd om enige nuwe besonderhede bekend te maak, en as daar niks nuuts opgelewer is nie, dan kan die saak maar gesluit word, sê kenners.

Mueller, wat sy span saamgestel het vir die ondersoek, het slegs mense uit die Demokratiese Party gekies, wat die indruk laat dat hy probeer om die president in ’n swak lig te plaas.

Rudy Giuliani sê dit is duidelik dat Mueller niks nuuts kon vind nie, behalwe iemand wat leuens vertel het vir die Kongres.

“As daar iets nuut is, maak dit bekend, en die VSA sal daarmee handel”, het  Rudy Giuliani gesê.

Foto – Rudy Giuliani