Trump kry steun vir omstrede besluite

Senator Rand Pauls van die Republikeinse Party het die kritici se monde gesnoer toe hy tydens ’n TV onderhoud verduidelik het waarom die present soldate uit Sirië en Afghanistan onttrek.

Hy sê die Amerikaanse president doen slegs wat hy die kiesers tydns die verkiesingsveldtog belowe het, naamlik om die soldate terug te bring na hulle land.

Die senator sê dit is ’n stryd wat , net soos destyds in Vietnam, ni gewen kan word nie, en miljarde dollar is die afgelope 17 jaar spandeer aan die oorlog.

Pauls sê daardie groot somme geld kan eerder in Amerika spandeer word waar dit van waarde is vir die inwoners van die land.

Hewige kritiek is deur politici uitgespreek toe die president aangekondig het dat die 2,000 soldate in Sirië teruggebring word, en dat sowat 7,000 troepe uit Afghanistan ook moontlik teruggebring word.

President Trump is juis verkies tot die amp vir sy beloftes aan die kiesers, en nou gee hy uitvoering aan daardie onderneming, het die senator gesê.

Foto – Senator Rand Pauls