Trump kry groot vrywillige steun vir 2020

President Donald Trump van Amerika en die Republikeinse Party is reeds besig om gereed te maak vir die presidentsverkiesing in 2020.

Die president het begin met ’n toer deur die deelstate, en kry geweldige groot steun onder vrywilligers wat hulle bereid verklaar om behulpsaam te wees.

Die hoofdoel is om weer ’n sterk meerderheid in die Amerikaanse Senaat te verseker vir die Republikeine, en om die president herkies te kry vir die volgende termyn.

Mense wat in dekades nie gestem het nie, en wat polities onbetrokke geraak het, word nou gemotiveer om vir die Republikeine te werk op ’n vrywillige basis.

’n Databasis is opgebou van ondersteuners wat een van die belangrikste elemente is om die komende verkiesing te wen, en baie aandag word gegee aan die opdatering daarvan.

Volgens mediaberigte is meer as 200,000 vrywilligers reeds gemobiliseer om op verskillende plekke en afdelings van die veldtog behulpsaam te wees.

Intussen het een van die senior lede van die Demokrate eerken dat sy party tans nie oor ’n kandidaat beskik wat president Trump sal oorwin in die 2020 presidentsverkiesing nie.

Foto – President Donald Trump