Tonne goud die land uit gesmokkel

Tonne goud wat onwettig gemyn is, het uit Suid-Afrika gegaan deur smokkelaars tydens die Staatskaping tydperk.

In die tydperk 2012 tot 2015 is meer as 34 metrieke ton goud na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate wat nie reflekteer in die SA handelsrekening nie.

Die inligting is bekendgemaak deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime se navorsers.

Volgens die verslag kos die onwettige goudmyne die land sowat R14 miljard per jaar en dat die onwettige handel via Swaziland en Mosambiek gestuur word aan juwelier vervaardigers in Dubai.

Waarnemers reken dit is een van die groter redes waarom Suid-Afrika se ekonomie sukkelend bly, en die vermoede is geopper dat diamante en ander edelgesteentes dieselfde roete volg.