TLU SA fokus weer op veiligheid

Na afloop van ‘n spesiale werksessie met verteenwoordigers uit al die streke, het TLU SA bepaalde veiligheid riglyne bespreek om ‘n hoër mate van veiligheidsbewustheid gedurende die feesseisoen te verseker. Benewens die bestaande vlaag van landbouverwante misdade, neem TLU SA ook deeglik kennis van die onlangse uiters rassistiese en totaal onaanvaarbare uitlatings deur sommige politieke rolspelers.

Landbouers en plaasbewoners word opnuut aangeraai om die bestaande gebeurlikheidsplanne te aktiveer aangesien ‘n verskeidenheid van gebeure wat die veiligheid in landbougebiede sowel as die platteland in die algemeen mag realiseer.

Belangstellendes wat betrokke wil raak moet die naaste TLU SA boerevereniging of boere-unie kontak as hulle deel wil word van landelike veiligheidstrukture.

Lidmaatskap van TLU SA is nie ‘n voorvereiste om lid te wees van Landelike Veiligheid strukture nie.