Tito skaam vir Johannesburg

Tito Mboweni het na ‘n besoek aan die Johannesburgse middestad verklaar dat die strate vuil en ‘n verleentheid is.

Hy vergelyk Kigali, die hoofstad van Rwanda, se strate met die van Johannesburg. Hy sê die strate van Kigali is minstens skoon en mooi.

Die Vryburger kan aan minister Tito foto’s toon van Johannesburg en ander stede voor 1994 waar alles ook skoon en mooi was.

Daar is tans geen stad of dorp wat nie vir sinlike mense ’n verleentheid is nie, maar blykbaar is die ANC tevrede om in sulke omstandighede t leef.