Theresa May in gevaarsone

Die Britse Eerste Minister, Theresa May, se ontmoeting met Angela Merkel van Duitsland en drie ander leiers van die Europese Unie, het niks goeds opgelewer nie.

Hulle praat, en bly hoflik, maar staan vas daarop dat die ooreenkoms nie weer op die tafel is vir verdere bedinging nie.

Die EU is bereid om meer duidelikheid oor die inhoud van die ooreenkoms te verskaf, maar wil geensins die onderhandelings hervat nie.

Met die slegte nuus, is die premier in die moeilikheid, en haar gesprekke met die EU leiers soos Kanselier Merkel, Nederland se premier, Mark Rutte, die EU Raad se president, Donald Tusk en die EU Kommissie se Jean-Claude Juncker het haar niks in die sak gebring nie.

Sy het onverrigter sake teruggekeer na Brittanje, wetende dat ’n mosie van wantroue op haar wag in die Konserwatiewe Party, wat ook haar loopbaan as Eerste Minister finaal kelder.

Die Britse media bespiegel reeds oor wie die opvolger sal wees van Theresa May, en daar is ook diegene wat reken dat die Konserwatiewe Party nie oor ’n geskikte plaasvervanger beskik nie.

Die Mosie van Wantroue wat in die Konserwatiewe Party koukus ingestel is, het egter ’n klinkende oorwinning vir haar verseker, en sal sy kan voortgaan as Britse premier, maar hoe lank sy nog sal regeer, hang af van wat die finale uitkoms van Brexit is.

Foto – Premier May oppad huis toe