Tesla dalk in SA

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en ruimte tegnoloog, Elon Musk, het die afgelope week te kenne gegee dat hy waarskynlik teen die einde van 2019 ’n Tesla elektriese motor takkantoor in Suid-Afrika gaan open.

Musk het wêreldberoemd geword toe sy Tesla e-motors soos soetkoek in die VSA verkoop is en waglyste opgestapel het van kopers wat belangstel.

Hy het die moontlikheid geopper nadat hy reeds 11 nuwe verspreidingspunte in die VSA geopen het, en sal waarskynlik ’n soortgelyke verspreidingspunte open in Suid-Afrika.

Sy bekende SpaceX ruimte lanserings word allerweë beskou as van die mees gevorderde stelsels, en is die enigste ruimtevaart tegnoloog wat daarin slaag om sy ruimtevaart vuurpyl te herwin vir ’n volgende projek.

Foto – Elon Musk