Stryd om EU leierskap het begin

Die stryd tussen konserwatiewes versus sosialiste het sy eerste stappe begin met die oog op volgende jaar se verkiesing van die Europese Komitee en die Europese Parlement.

Die sosialiste het die eerste skuif op die skaakbord gemaak met hulle aankondiging dat die huidige visepresident van die Europese Kommissie hul enigste kandidaat is.

Die voormalige Nederlandse Minister van Buitelandse Sake, Frans Timmermans sal die Party van Europese Sosialiste lei in die 2019 verkiesing.

Die sosialiste partye in Europa het eenparig hulle steun aan Timmermans gegee as die enigste kandidaat en leier vir die Meimaand 2019 verkiesing.

Timmermans sal teen Manfred Weber te staan kom wat die kandidaat vir die konserwatiewe Europese Volksparty is.

Dit is die grootste groep in die Europese Parlement en die Sosialiste is die tweede grootste groep.

Die derde groep is die nasionaliste wat bestaan uit ondersteuners van nasionalistiese politieke partye in Europa, wat poog om ’n aansienlike verandering te bewerkstellig in die samestelling van die Europese Kommitteer en die Europese Parlement.

Foto – Europese Parlement