Staatsbegrafnisse kos belasting betaler teveel

Teen die tempo wat ANC “staatmakers” nou sterf, gaan die plaaslike regerings en die staat baie geld kos.

Elke ANC lid wat nou afsterf word beskou as ‘n “struggle hero” en “verdien” ‘n staatsbegrafnis. Afrika begrafnisse gaan gepaard met ruim verversings en die tradisionele rituele wat afgehandel moet word om al die  voorvadergees te plesier.

Die staat se spoggerige begrafnisse vir bykans elke “struggle” held, beloop miljoene rand, veral as die groot onthaal se uitgawes bygereken word waar almal teenwoordig is.