Sprankie hoop vir Jemen vrede

Die eerste gesprekke oor vrede in Jemen sedert Augustus 2016, het in Swede begin en ’n ooreenkoms is bereik met die uitruil van gevange soldate en vegters.

Die vredesonderhandelinge wat in Stockholm, Swede plaasvind, het die afgelope Donderdag begin deur die meer gemaklike sake eerste te bespreek, ooreenkomste te bereik en af te handel.

Die eerste stap gee moed aan baie mense in Jemen, aangesien duisende mense uitgeruil sal word, wat meebring dat dit ook verwagtinge sal skep van algehele vrede en ’n permanente skiet stilstand.

Die vorige gesprek vir vrede wat twee jaar gelede in Genève, Switserland, gehou is, het misluk omdat die rebelleleier, Ansar Allah, nie opgedaag het nie omdat hy van mening was dat die veiligheidsmaatreëls nie goed genoeg was nie.

In Stockholm is konkrete maatreëls vroegtydig ingestel, en kon die rebelle sonder huiwering die stad binnegaan en deelneem aan die onderhandelings.

Die onderhandelings wat deur die Verenigde Nasies geïnisieer is, laat die hoop opvlam dat ’n permanente oplossing vir die oorlog geteisterde Jemen gevind sal word.

Foto – VN vergadering