SpaceX lanseer super moderne stelsel

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, Elon Musk, se ruimte sendings het nog ’n mylpaal bereik toe sy SpaceX ’n Amerikaanse militêre navigasie satelliet, met ’n besonder kragtige vermoë, die lugruim ingestuur het.

Dit is die maatskappy se eerste nasionale veiligheid sending wat gelanseer is nadat die ruimtesending aanvanklik weens swak weersomstandighede uitgestel moes word.

’n Falcon 9 vuurpyl is vanaf Cape Canaveral in die Amerikaanse deelstaat Florida die afgelope naweek afgestuur om ’n satelliet in die ruimte te plaas vir die VSA se militêre gebruik.

In ’n verklaring sê SpaceX se woordvoerder dat die satelliet die VSA vir sowat 15 jaar van diens sal wees, en Elon Musk sê die projek is ’n groot sukses wat ook die VSA s militêre vermoë ondersteun.