Slim, slimmer, skelm

Swartmense wat uitgeslape skelms is, samel glo geld in om die regskoste van Jacob Zuma te help betaal, maar sorg dat hulle die donasies in hulle eie sakke steek.

Die skelms is nie net in Natal bedrywig om oningeligte mense te kul met die slenter nie, want ook in Sentraal Transvaal is dieselfde skelmstreek waargeneem.

Die ANC woordvoerders sê hulle sal niemand ontmoedig wat vir Zuma wil help om die skuld gedelg te kry nie, maar die party distansieer hom van enige betrokkenheid in die

verband.

Finansiële deskundiges betwyfel dit of Zuma oor die bates beskik om die sowat R16 miljoen aan regskoste te betaal, en mag moontlik bankrot verklaar word om so te probeer los kom van die skuldlas.

Intussen het die kommunistiese SAKP sy vennoot, die ANC, ernstig verkwalik dat hulle ’n oproep gedoen het om Zuma te help deur skenkings te maak vir sy skuldlas.