Skietstilstand ooreenkoms in Jemen

In Swede het die twee strydende magte na etlike dae van onderhandeling, tot ’n akkoord gekom om minstens die wapen tydelik neer te lê.

Die skietstilstand vir Hodeida sluit ook in dat mediese voorraad ongehinderd na sentrale punte afgelewer sal word om die ernstige krisis onder burgerlikes af te weer.

Die Sekretaris-Generaal, Antonio Guterres van die Verenigde Nasies sê die ooreenkoms beheld ook dat ’n neutrale weermag ontplooi sal word terwyl humanitêre korridor streke ingestel sal word.

Politieke waarnemers sê die week lange onderhandelings kan as ’n reuse deurbraak beskou word, onderhewig aan die een belangrike element, naamlik dat beide kante die skietstilstand ooreenkoms is stand sal hou om die voortslepende geweld te beëindig.