Sjinese oud-spioenasie adjunkhoof agter tralies

Ma Jian was in ’n posisie om uitermatige groot bedrae omkoopgeld te ontvang, waarvan die grootste bedrae afkomstig was van die miljardêr, Guo Wengui.

Ma Jian, een van die mees senior geheime polisie offisiere in Sjina, is ’n lewenslange tronkstraf opgelê vir sy omkoop transaksies en binnekring handels transaksies asook ander korrupsie aanklagte.

Die sogenaamde Dalian Intermediate People’s Court het in ’n verklaring gesê die voormalige Minister van Staatsveiligheid het groot bedrae omkoop geld ontvang wat hy hoofsaaklik van ’n miljardêr gekry het.

Na raming het hy nie minder as $15 miljoen aan omkoop bedrae ontvang in die tydperk tussen 1999 en 2014.

Hy is in 2015 geskors uit die regerende Kommunistiese Party van Sjina, waarna vervolging teen hom ingestel is.

Foto – Ma Jian