Sjinese netwerk dalk spioenasie

Die Europese Unie behoort erg bekommerd te wees oor die tegnologiese reus van Sjina, die Huawei maatskappy, wat nou daarvan verdink word dat sy senior beamptes ook spioenasiewerk verrig.

Die is die advies wat deskundiges aan die EU kommissie vir gevorderde tegnologie gegee het nadat die hoof van die maatskappy se finansies, en dogter van Huawei in Amerika aangehou word weens beweerd oortreding van sanksie maatreëls teen Iran.

Andrus Ansip het selfs sovêr gegaan as om te waarsku teen Sjinese maatskappye in die tegnologie bedryf wat moontlik saamwerk met die kommunistiese regering van Sjina om geheime van die EU te bekom en aan die regering te verstrek.

Die vrees bestaan dat Sjinese maatskappye hulle hoë tegnologie toerusting aanwend om Europese lande se geheime inligting te bekom.

Intussen is verneem dat Australië en Nieu-Seeland die Huawei maatskappy verbied het om sy uitbreidings in die lande aan te gaan weens veiligheidsredes.

Meng Wanzhou, die hoof van Huawei die finansies bly in aanhouding en sal eersdaags in ’n Amerikaanse hof voor ’n regter verskyn.