Sjinese beampte van Huawei kry borgtog

Die Hoof Finansiële beampte van die Sjinese selfoon maatskappy, Huawei, is in Kanada vrygelaat op borgtog.

’n Kanadese regter in Vancouver het borg toegestaan aan Meng Wanzhou

Te midde van die risiko dat sy die land per vliegtuig kan verlaat.

Die verhouding tussen Sjina en Kanada is ernstig geskaad deur die optrede om die finansiële hoof van die selfoon vervaardiger, Huawei, gevange te hou weens haar beweerde oortreding van die sanksies teen Iran.

In ’n 55 bladsye dokument aan die hof in Kanada het Meng verduidelik dat sy hoegenaamd nie van plan is om die land te verlaat nie en beskikbaar is om in die hof te wes wanneer dit vereis word.

Foto – Meng Wanzhou