Sjina lanseer ruimtetuig maan toe

Sjina het die eerste klein treetjie gegee om sy doelwit te bereik deur ’n ruimtevaart moondheid te word toe hy ’n tuig lanseer het om te land aan die “agterkant” van die maan.

Wat die sending meer besonders maak is dat dit die eerste bemande landing op die maan se agterkant sal wees.

Die inligting is die afgelope Saterdag vrygestel deur die kommunistiese staat media van Sjina.

Die Sjinese ruimtevaart agentskap het glo gebruik gemaak van ’n Long March 3B vuurpyl vir die lansering wat ’n Chang’e-4 kapsule dra.

Volgende jaar wil die Sjinese ’n opvolg ruimtevaart na die maan uitvoer om ’n reeks monsters van maan materiale terug te bring na die aarde vir verdere wetenskaplike ontleding.