Siriese weermag dring Koerdiese gebied binne

Die Siriese weermag van president Assad het die afgelope naweek die sleutel dorp van die Koerde binnegedring in reaksie op die VSA se onttrekking uit die land.

Die Siriese magte wil daarmee voorkom dat die Turkse weermag optree teen die Koerde, en Rusland het die optrede as ’n positiewe stap bestempel wat “meer stabiliteit is die gebied se meebring”.

Die VSA het tot hede ’n beskermde rol vervul teenoor die Koerde in die noorde van die land, en die huidige inbeweeg van die Siriese magte is die eerste operasie in die afgelope ses jaar.

Waarnemers meen egter dat die Siriese weermag se optrede kan lei tot nuwe konflik met Turkye, wat die Koerde as terroristiese rebelle beskou.

Die Koerde het egter ’n sleutelrol gehad in die stryd om die Islamitiese Staat se mag in Sirië, sowel as in streke van Iran, te verslaan.