Sewe Kaapse beamptes vasgevat

Die Valke het sewe verkeersbeamptes gearresteer vir die uitreiking van bestuurders lisensies teen betaling. ‘n Sekuriteitswag en ses vroulike toetsbeamptes sal in die hof verskyn op klagtes van bedrog en korrupsie. Die oortredings by Khayalitsa het sedert Januarie 2015 en Oktober 2018 plaasgevind . Dit blyk dat hierdie soort oortredings nie uitgeroei word nie aangesien lisensiërings  beamptes kort-kort aangetree word op dieselfde klagtes.

Die Vryburger het onlangs berig oor die klomp werkers in Noord Transvaal wat vir dieselfde misdade in hegtenis geneem is, en dit blyk n algemene tendens te wees.