Schumacher is nie bedlêend nie

Op 29 Desember vanjaar sal dit vyf jaar wees toe die tragiese ongeluk met Michael Schumacher gebeur het tydens sy vakansie in die Alpe.

Die ski geleentheid het erg verkeerd gegaan en die wêreld se renjaers kampioen het ernstige breinskade opgedoen toe hy beheer verloor het en ten ’n hoë snelheid in ’n botsing betrokke was.

Na maande in ’n hospitaal, is hy deur sy familie na hul eie private inrigting oorgeplaas waar hy vir etlike jare intensiewe behandeling ontvang het.

Niemand is by hom toegelaat nie, behalwe familie en besondere vriende, maar die spesialis versorging het uiteindelik resultate begin lewer.

Die weeklikse koste van £50,000 was nie onnodige uitgawes nie, en nou is Schumacher se toestand sodanig dat hy nie meer permanent bedlêend is nie.

Die familie beskerm Schumacher teen die sensasie soekende media, en het slegs gesê hy kan nie loop nie, maar is ook nie meer bedlêend nie.

Op 3 Januarie sal hy sy 50 ste verjaardag vier saam met sy geliefdes in die luukse woonplek op die walle van die Geneva Meer.