Saoedi kritiseer VSA Senaat besluit

Saoedi-Arabië het die Amerikaanse Senaat se beslissing verwerp wat verlede week bepaal het dat die kroonprins Mohammed bin Salman minstens bewus was van die moord plan in Turkye.

Die joernalis Jamal Khashoggi is in die konsulaat van Saoedi-Arabië in Turkye vermoor, en finger word gewys na die kroonprins al sou hy die “opdrag” gegee het om die moord te pleeg.

Saoedi beskuldig Washington daarvan dat hy die soewereiniteit van Saoedi ondermyn met die Senaat se beskuldiging.

In ’n verklaring sê die Saoedi owerheid die inmenging van die VSA in sy land se interne aangeleenthede word verwerp, en alle beskuldigings in die verband is ’n ondermyning van Saoedi se soewereiniteit.

Saoedi het vroeër vanjaar ’n wapentransaksie met die VSA aangegaan ten bedrae van miljarde dollar, wat nou die vrees laat bestaan dat die verhouding tussen die twee lande vertroebel is en die transaksie gekanselleer mag word.

Foto – Mohammed bin Salman