SAL oorgawe op tafel?

Media berigte het begin spekuleer dat ‘n konsortium beleggers bereid is bykans R21 miljard te “leen” aan SAL, maar teen ‘n 51% belang in die entiteit.

Fly Modern Ark en Ceberus Capital Management is bereid om die lening voor te skiet aangesien dit die bedrag is wat SAL benodig  om in die “lug” te bly.

Kenners meld dat daar voorwaardes gestel moet word voor die lening  en ooreenkoms aangegaan word.  Die belangrikste is dat alle lenings wat deur die regering of belastingbetaler gewaarborg is, afgelos moet wees.

Meningsvormers is van oordeel dat dit die begin van die einde van die staatsbeheerde lugredery sal wees van n eens trots Suid-Afrikaanse lugdiens.