Russiese invloed op wêreldmening

Die invloed van Rusland op die mening van die burgerlikes in elk land, word met kommer waargeneem deur kenners wat vals inligting bestudeer.

In die afgelope weke is verskeie verset optogte in veral Europese lande gehou, waarvan talle op gewelddadige wyse uitgeloop het.

Van die belangrikste verset optrede is sekerlik die twee weke van uiterste geweldpleging deur die Geel Hempies van Frankryk.

Die verset het ook ’n nadraai in Brussel, die hoofstad van België waar honderde betogers uiteindelik in hegtenis geneem is.

In verskeie stede van Europa is optogte gehou oor klimaatsverandering, waarvan enkele stede ook met gewelddadige protes te kanpe gehad het.

Ondersoeke wat gedoen is, toon dat die optogte deur vals inligting gevoed word wat in die sosiale media verskyn, en die vermoede bestaan dat Russies agente die aanhitsing don om sodoende binnelandse onrus aan te wakker, terwyl polisie en veiligheidsmagte met die onrus besig gehou word wat weer lei tot ander misdaad in die land weens die afwesigheid van die polisie.