Russiese agent pleit skuldig in VSA

Beskuldigings teen Maria Butina, wat as Russiese agent aangehou is weens haar beweerde poging om onwettige kanale tussen Rusland en die VSA te bewerkstellig, het haar nou in die hof laat beland.

Maria Butina het klaarblyklik gepoog om die onwettige kanaal tussen Russiese agente en mense in die Trump-span van die presidentsverkiesing te skep om daarmee die Republikeine te diskrediteer saam met Donald Trump.

Sy pleit skuldig in die hof, en poog nou om in ruil daarvoor, gedeporteer te word na Rusland.

Sy het ook pogings aangewend om binnekring inligting te bekom wat sy na Rusland sou deurgee wat hoofsaaklik handel oor die politieke situasie in die VSA.

Die 30=jarige vrou het onder die dekmantel van studie aan ’n Amerikaanse inrigting, en kon selfs daarin slaag om die invloedryke National Rifle Association (NRA) te infiltreer om sodoende kontak te maak met invloedryke Republikeine.

Sy het selfs sovêr gegaan om ’n konserwatiewe Amerikaner as haar mansvriend aan te hou wat behulpsaam moes wees om gesprekke te reël tussen Russiese agente en Trump se verkiesings personeel.

Foto – Maria Butina